“Polisiëringsrol waarskynlik verkeerd geïnterpreteer”

'n Politieke ontleder en misdaadkenner meen die polisie en weermag se hardhandige optrede kan die regerende party benadeel.

PRETORIA - Die polisie en weermag se hardhandige optrede tydens die staat van inperking het die regering se geloofwaardigheid 'n knou gegee.

Só meen politieke ontleder, professor Dirk Kotzé.

Volgens 'n onlangse verslag van die Verenigde Nasies is Suid-Afrika een van die topdrie lande ter wêreld wat betref die voorkoms van polisiewreedheid tydens die staat van inperking.

Source
eNuus