Polisievrou soek geregtigheid na hooggeplaaste haar glo aanrand

Sersant Lizzy Mojapelo is na bewering deur Vuyo Mhlakaza-Manamela aangerand toe sy 11 weke swanger was.

CENTURION - AfriForum se private vervolgingseenheid het aansoek gedoen om die adjunkspeaker van die Gautengse provinsiale wetgewer privaat te vervolg.

Vuyo Mhlakaza-Manamela het in Februarie 2020 na bewering 'n vroulike polisiebeampte aangerand.

Mhlakaza-Manamela is getroud met Buti Manamela, die adjunkminister van Hoër Onderwys.

Die voorval het glo by die egpaar se huis plaasgevind.

Source
eNuus

Paid Content