“Puffer jacket” wen internasionale prys

Twee Waterkloof matrikulante wen top internasionale wetenskapprys 

PRETORIA - Twee matrikulante van Hoërskool Waterkloof in Pretoria het onlangs met een van die top wetenskappryse in die wêreld weggestap.

Carli Swart en Berlie Roodt het die eerste prys verower in die biologie- en chemie-afdeling van die Global Youth Science and Technology Bowl wat vanjaar aanlyn uit Hongkong aangebied is.

Hulle projek genaamd "Puffer Jacket" is daarop gemik om kinders wat outisme het of angsaanvalle kry, te help.

Source
eNuus