Pukke hou jool en samel R3 miljoen in vir liefdadigheid

Hulle het min geslaap en nog minder klasgedraf, maar was vroegoggend op hul pos om blik te skud tydens die jaarlikse Jool-vlotoptog.

POTCHEFSTROOM, NOORDWES - Jool is tradisioneel die geleentheid waarmee studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus die studentejaar amptelik afskop.

Nadat die Covid-19-pandemie die laaste paar jaar 'n stokkie hiervoor gesteek het, is daar vanjaar besluit om dié feestelikheid in die hartjie van die winter aan te bied.

Dit is een van die kampus se grootste liefdadigheidsprojekte.

Source
eNuus

Paid Content