R70-miljoen skade in Kirkwood aangerig

Gemoedere loop steeds hoog tussen betogende werkers en sitrusboere in Kirkwood.

KIRKWOOD-OMGEWING - 'n Spreekwoordelike wapenstilstand van 14 dae is bereik tussen sitrusboere en betogers in die Kirkwood-omgewing in die Oos-Kaap.

Dit na 'n week van oproer en geweld, met sowat R70-miljoen se skade wat aangerig is op plase.

Betogers, wat hoër lone eis, het onder meer plaastoerusting, huise, voertuie en store aan die brand gesteek.

Een betoger is Maandag dood, en 'n polisielid en veiligheidsbeampte beseer.

Dit toe twee voertuie van 'n veiligheidsmaatskappy aan die brand gesteek is.

Een persoon is in hegtenis geneem.

Source
eNuus

Paid Content