Ramaphosa ontmoet Merkel

Suid-Afrika en Duitsland versterk hul samewerking om werk te skep en vaardighede te ontwikkel.

PRETORIA - Duitse maatskappye lewer 'n waardevolle bydrae tot die regering se poging om beleggings ter waarde van R1,2-miljard oor 'n tydperk van vyf jaar in Suid-Afrika te kry.

Só sê president Cyril Ramaphosa, wat Donderdag samesprekings met die Duitse kanselier, Angela Merkel, in Pretoria gevoer het.

Merkel, wat as die magtigste vrou in die wêreld beskou word, en Duitse sakeleiers is op 'n driedaagse ampsbesoek aan die land.

 

Source
eNuus