Redes vir geweld van kinders teen ouers

Ruan van Heerden se ma, Magda, word steeds vir ernstige beserings in die hospitaal behandel terwyl sy pa, Barnie, ontslaan is.

PRETORIA - Kenners sê voorvalle van kinders wat hulle ouers aanrand en selfs vermoor, is 'n algemene neiging in Suid-Afrika.

In een van die mees onlangse gevalle, word 'n tiener van Centurion van die wreedaardige aanranding op sy ouers aangekla.

Die 18-jarige Ruan van Heerden en twee ander het Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Die saak is tot Februarie uitgestel.

Source
eNuus