Reeksmoordenaar beken skuld op 3 moorde

Een van die slagoffers was bevriend met die beskuldigde wat haar glo in sy woonwa vermoor het.

WOLSELEY Die vermeende Wolseley-reeksmoordenaar, die 33-jarige Siyamcela Sombambela, het vir die eerste keer in die landdroshof op dié Bolandse dorp verskyn.

Hy is in hegtenis geneem nadat hy glo van die 21-jarige Bernadine Frans se lyk probeer ontslae raak het.

Sombambela word ook van die moord op twee ander vroue aangekla.

Hul lyke is Sondag deur die polisie opgegrawe.

Source
eNuus