"Regering erken nie plaasmoordprobleem"

Skerp kritiek uit verskeie landbouoorde oor president Cyril Ramaphosa se stilswye oor plaasmoorde.

PRETORIA - President Cyril Ramaphosa en die regering weier om te erken dat plaasaanvalle en -moorde 'n ernstige probleem is en daarom kry dit nie die aandag wat dit verdien nie.

Só sê landbouorganisasies en 'n misdaadkenner wat navorsing doen oor dié kwessie.

Volgens TLU SA se jongste syfers het 130 plaasaanvalle reeds vanjaar in Suid-Afrika plaasgevind.

25 mense is in dié aanvalle vermoor.

Source
eNuus