Regering loop sy regsrieme styf

Die land hou asem op vir die regering se volgende stap nadat hy slae kry in die hof oor COVID-19-maatreëls.

PRETORIA - Regskenners is verdeeld oor die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria oor die inperkingsmaatreëls wat tydens vlak drie en vier van die grendeltyd ingestel is.

Die hof het sommige van dié regulasies Dinsdag in 'n uitspraak as irrasioneel bestempel, en gevolglik ongrondwetlik en ongeldig verklaar.

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het nou 14 werksdae om die maatreëls te hersien.

Source
eNuus