Reserwebank ondersoek Crowd1

Plaaslike beleggers gewaarsku teen 'n omstrede rykwordskema wat wêreldwyd opslae maak.

'n Skema wat beloof om mense vinnig en maklik ryk te maak, word deur die Reserwebank se omsigtigheidsowerheid ondersoek.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor waarsku Suid-Afrikaners terselfdertyd daarteen om in die Crowd1-skema te belê.

Dié owerheid sê Crowd1 is nie gelisensieer om finansiële dienste aan te bied nie.

Hy waarsku ook dat sulke skemas dikwels bedrieglik is en veroorsaak dat baie beleggers uiteindelik hulle geld verloor.

Source
eNuus