Mackenzie Friedman het die helfte van haar kort lewe in ’n hospitaal deurgebring nadat leukemie op vier maande by haar gediagnoseer is.
JOHANNESBURG, GAUTENG - 'n Beenmurgoorplanting is dikwels bloedkankerpasiënte en ander mense met bloedsiektes se enigste hoop op oorlewing.
Minder as 1% van Suid-Afrika se bevolking is egter as beenmurgskenkers geregistreer.
Die organisasie DKMS Africa het ’n skenkings- en bewusmakingsgeleentheid saam met die prokureursfirma HJW Attorneys in Johannesburg aangebied.
Kanker is in 2021 by die babadogter van die firma se medestigter gediagnoseer.
Source
eNuus