“Reuseprobleem in gesondheidsdepartemente”

AfriForum het klagte ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur teen die hoof van die Gautengse departement van gesondheid ingedien.

CENTURION - AfriForum sê die nege provinsies se departemente van gesondheid het in die laaste boekjaar saam meer as R5,8-miljard wanbestee.

Daarom het die organisasie besluit om strafregtelike klagte teen die hoofde van al nege die departemente in te dien.

AfriForum het ook 'n verslag uitgereik waarin hy sy standpunt uiteensit dat die Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik sal wees.

Source
eNuus