Rooibos geniet nou geografiese beskerming

Rooibos geniet nou beskermde oorsprongstatus in die Europese Kommissie se register.

KAAPSTAD - Suid-Afrika is bekend vir sy wyne, maar nou gaan die naam rooibos dieselfde gesag dra as spogprodukte soos sjampanje.

Dié veelsydige bossietee verskyn op die Europese Kommissie se register van produkte uit geografies beskermde gebiede van oorsprong.

Dit beteken dit mag slegs rooibos genoem word as dit in spesifieke dele van die Wes-Kaap en Noord-Kaap verbou word.

Source
eNuus

Paid Content