SA ál hoe onveiliger

Hoewel misdaadsyfers wys dat die getal plaasmoorde wél daal, word meer mense as ooit tevore in Suid-Afrika vermoor.

PRETORIA - Die polisie het Donderdag die jaarlikse misdaadsyfers vir 2018/2019 bekendgemaak, en onder meer onthul die drie groot kontakmisdade - moord, poging tot moord en aanranding - het verder toegeneem.

Die moordkoers het met 3,4% gestyg, terwyl seksuele misdrywe met 4,6% toegeneem het.

Huisrooftogte het ook toegeneem, met 0,8%.

Misdaadkenners gee hulle mening oor die algemene toename in misdaad.

Source
eNuus