SA gaan gebuk onder misdaadepidemie

Opposisiepartye, burgerlike organisasies en kenners sê Suid-Afrika se misdaadstatistieke skets 'n donker prentjie van 'n onveilige samelewing

PRETORIA - Die DA sê die misdaadstatistieke is 'n bewys dat die polisie 'n verlore stryd teen die meeste misdade voer.

Die party trek ook die akkuraatheid van veral die statistieke oor seksuele misdrywe in twyfel.

In sy reaksie sê die VF+ dat die wêreld se gemiddelde moordsyfer sewe uit elke 100 000 mense is, maar in Suid-Afrika word 36 uit elke 100 000 landsburgers vermoor.

AfriForum beskryf misdaad as 'n epidemie waaronder die land gebuk gaan.

Source
eNuus