SA legende oorlede

Shaleen Surtie-Richards het eers in Suid-Afrikaners se harte ingekruip as Benjamin Komoetie se ma in Fiela se Kind, en was daarna vir 20 jaar lank as Nenna in Egoli te sien.

Suid-Afrika het vanoggend 'n ikoon verloor. Shaleen Surtie-Richards is in haar slaap in 'n gastehuis in Kaapstad oorlede.

Die 66-jarige aktrise was in die Wes-Kaap om 'n rol in die sepie Arendsvlei te vertolk.

Bekendes van oor die land het haar op sosiale media gegroet en aan haar hulde gebring.

Source
eNuus

Paid Content