SA UFC-vegter kraai koning in buiteland

Na net drie minute en 22 sekondes van sy geveg teen die Brasiliaan Markus Pérez was Dricus du Plessis met sy arms omhoog.

JOHANNESBURG - Suid-Afrikaanse sportkykers se belangstelling in gemengde gevegkuns gaan waarskynlik skerp toeneem danksy die prestasies van Dricus du Plessis.

Du Plessis is terug in die land na sy heel eerste geveg op die groot verhoog - of die UFC - wat hy verlede naweek met 'n uitklophou in die eerste ronde gewen het.

Source
eNuus