SA wynbedryf verloor R7,5 miljard net in 2020

Kommer oor R7,5 miljard se verlies in die wynbedryf in 2020 met honderde wynverskaffers wat moontlik sluit.

STELLENBOSCH, WES-KAAP - Die Suid-Afrikaanse wynbedryf sukkel om die mas op te kom na die Covid-19 inperking.

Dit het die afgelope dekade geleidelik gekrimp.

Kenners reken sowat 13 000 hektaar se wingerde het in dié tyd verlore gegaan.

En selfs al mag alkohol nou weer verkoop word, ly die bedryf steeds 'n verlies van meer as R7 miljard. 

350 primêre wynverskaffers gaan moontlik hul kelderdeure moet sluit. 

Source
eNuus