“SAID vorder meer in, maar nie genoeg”

Belastinginkomste het toegeneem, maar daar is steeds 'n begrotingstekort van R553-miljard vir die afgelope boekjaar.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verwag dat hy R38-miljard meer gaan invorder as sy aanvanklike skatting vir die afgelope finansiële jaar.

Maar die belasting wat hy wel ontvang het, is nie naastenby genoeg om die staat se uitgawes en groeiende skuldlas te dek nie.

Boonop het onwettige ekonomiese bedrywighede tydens die inperking toegeneem.

Source
eNuus

Paid Content