Sal bloedvergieting stop op Kaapse Vlakte?

Wetstoepassers uiteindelik op die Kaapse Vlakte ontplooi om bendegeweld te stuit.
 

KAAPSTAD – Sal die bloedvergieting op die Kaapse Vlakte ooit tot 'n einde kom? 

Inwoners van Hanover Park hoop dat die ontplooiing van tientalle wetstoepassers in dié gebied bendegeweld kan hokslaan. 

58 leerlingwetstoepassers en agt inspekteurs is na dié Kaapse voorstad ontplooi. 

Dit vorm deel van die Stad Kaapstad se plan om polisiëring in bende- en moord-brandpunte op te skerp.