SAL kan nie salarisse betaal

Solidariteit het 'n hofaansoek ingedien dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens in sakeredding geplaas word.

CENTURION - Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy personeel Donderdagmiddag laat ingelig dat hy hulle November-salarisse nie betyds kan betaal nie.

In 'n brief aan personeel sê SAL se waarnemende uitvoerende hoof, Zuks Ramasia, die redery probeer nog om kapitaal van R2-miljard rand te bekom om sy daaglikse bedrywighede te finansier.

Ramasia vra personeel ook om verskoning en gee hulle die versekering dat hulle so gou moontlik betaal sal word.

Intussen het die vakbond Solidariteit 'n hofaansoek ingedien dat die lugdiens in sakeredding geplaas word.

Indien dié aansoek suksesvol is, sal dit die eerste keer wees dat 'n plaaslike staatsonderneming aan dié proses onderwerp word.

Source
eNuus