San Michele-inwoners bederf

Solidariteit Helpende Hand het gehelp om ‘n pretdag vir die San Michele-tehuis vir gestremde mense in Brakpan te reël.

BRAKPAN - Die San Michele-tehuis vir gestremde mense in Brakpan het die afgelope elf maande deur diep waters gegaan.

In November verlede jaar het personeel by die tehuis onwettig begin staak en die inwoners het die meeste daaronder gely.

Die meeste arbeidskwessies by dié tehuis is sedertdien opgelos en 35 personeellede is afgedank.

Sondag het 25 inwoners van San Michele die avontuur van 'n leeftyd beleef.

Source
eNuus