SANParke skenk kospakkies

Arm gemeenskappe in en om die Krugerwildtuin ontvang kospakkies van SANParke.

MAHUMANI-GEBIED - Baie gemeenskappe landwyd trek finansieel swaar tydens die inperking.

Limpopo se departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy het sedert die einde van Maart reeds 81 000 kospakkies uitgedeel.

Hierdie naweek het SANParke ook sy deel gedoen om behoeftiges in dié provinsie te help.

Source
eNuus