Sanral kap terug oor tenders

Sanral verduidelik hoekom vyf tenders vir padwerk in twee provinsies onlangs gekanselleer is.

MIDRAND - Sanral sê hulle gaan nie onder openbare óf politieke druk swig met die toeken van belangrike tenders nie.

Dit nadat die nasionale padagentskap onlangs onder skerp kritiek deurgeloop het weens pad- en brugboukontrakte van meer as R17-miljard wat gekanselleer is.

Van die kontrakte wat gestaak is, sluit in werk aan die Mtentu-brug in die Oos-Kaap, en die EB Cloete- en Ashburton-wisselaars in KwaZulu-Natal.

Die DA sê die kansellasie van die kontrakte het 'n krisis vir die konstruksiebedryf en die ekonomie geskep.

Source
eNuus

Paid Content