SAPD in die spervuur

OPOD ondersoek beweerde polisiewreedheid.

ST. HELENABAAI, WES-KAAP - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in die spervuur oor verskeie voorvalle van beweerde polisiewreedheid landwyd.

Dis meer as 'n maand sedert die negejarige Leo Williams glo deur 'n polisiebeampte in Sint Helenabaai aan die weskus geskiet is, en niemand is nog hiervoor in hegtenis geneem nie.

Die kind is tydens 'n betoging oor dienslewering op 31 Julie in die kop geskiet. Hy is twee weke later in die hospitaal dood.

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat het hierdie week sy familie besoek.

Source
eNuus