Senior Kaapstadse amptenaar in hof vir verkragting

Vooraanstaande senior amptenaar van die Stad Kaapstad in hof oor beweerde verkragting van 13-jarige meisie

KAAPSTADA - Die vermeende verkragter van 'n 13-jarige meisie van Strandfontein het in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn. 

Hy het haar na bewering gereeld in die afgelope drie jaar verkrag.

Die man het glo dikwels by haar gesin gekuier en selfs aangebied om haar skoolfonds te betaal.

Source
eNuus