Sentrum wat robbe red, sluit moontlik binnekort

Die toekoms van ’n rehabilitasiesentrum vir beseerde robbe is in die weegskaal.

KAAPSTAD - Die toekoms van dosyne siek en beseerde robbe in Kaapstad is onseker.

'n Sentrum in Houtbaai wat robbe red, gaan moontlik binnekort sy deure moet sluit.

Die sentrum word al langer as twintig jaar lank in die plaaslike hawe bedryf danksy 'n mondelinge ooreenkoms met 'n groot vismaatskappy.

Maar die departement van Openbare Werke gaan nou met 'n tenderproses vir die verhuring van dié eiendom begin.
 

Source
eNuus

Paid Content