Seun deur polisie voor sy gesin doodgeskiet

Reginald Petersen se ma sê toe polisiebeamptes daar aankom, het hulle traangashouers in die huis in gegooi om haar seun na buite te dwing.

PRINCE ALFRED HAMLET, WES-KAAP 'n Wes-Kaapse ma het net een wens.

Sy wil hê die polisiebeampte wat glo haar seun vermoor het, moet in hegtenis geneem word.

Reginald Petersen is voor sy gesin in die dorpie Prince Alfred Hamlet doodgeskiet.

Dit nadat sy suster hulle gebel het oor 'n rusie wat sy met haar broer gehad het.

Source
eNuus

Paid Content