Simptome verander mettertyd

'n Raadslid van Knysna praat oor sy ondervinding ná die corona-virus by hom en sy vrou gediagnoseer is.

KNYSNA - Die corona-virus is by 'n raadslid van die Knysna-munisipaliteit en sy vrou gediagnoseer nadat hulle onlangs oorsee was vir 'n troue.

Die Wes-Kaapse departement van Gesondheid het Peter en Candace Myers spesiale toestemming gegee om die publiek hieroor in te lig.

eNuus se Nadine Theron het Donderdag telefonies met Peter Myers gepraat oor sy ondervinding, nadat hy positief getoets het vir die virus.

Source
eNuus