Skenking van R2,5-miljoen vir suksesvolle SAPD-honde-eenheid

Polisie se honde-eenheid brei uit ná skenking van R2,5-miljoen

KAAPSTAD Die uitbreiding van die polisie se honde-eenhede sal hopelik daartoe lei dat meer dwelmsmokkelaars uitgesnuffel word.

Daar is 22 honde in die Stad Kaapstad se eenheid. Die eenheid het tussen Julie verlede jaar en September vanjaar meer as 800 operasies uitgevoer, en 260 mense is in hegtenis geneem.

Die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid het R2,5-miljoen geskenk om soortgelyke eenhede in die Weskus- en Overbergstreek te vestig.

Source
eNuus