Skooldebat vlam op

Die skerp styging in Suid-Afrika se Covid-19-infeksies het 'n debat laat ontstaan of skole eerder weer moet sluit.

PRETORIA - Die debat oor of skole moet oop bly of sluit te midde van die skerp toename in Covid-19-gevalle landwyd, raak al hoe heftiger.

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum het 'n memorandum aan die kabinet gestuur waarin hy redes verskaf hoekom skole nie moet sluit nie.

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, of Fedsas, ondersteun die sentrum se standpunt.

Die Menseregtekommissie en die Anglikaanse Kerk se onderwysraad pleit ook by die regering om skole oop te hou.

Dit is in ooreenstemming met die VN-kinderfonds se standpunt dat kinders wêreldwyd so gou as moontlik moet terugkeer skool toe.

Plaaslike onderwysvakbonde stem egter nie hiermee saam nie en plaas druk op die regering om skole te sluit.

Source
eNuus