Skote klap voor hospitaal

Een verdagte is dood en drie polisielede is gewond in 'n taxiskietery in Pretoria.

PRETORIA - 'n Verdagte is Woensdagoggend in Pretoria doodgeskiet en drie polisielede gewond in 'n oor-en-weer skietery tussen die polisie en taxibestuurders.

Gauteng se taxigeweldtaakspan was besig met 'n intelligensie-operasie toe die skietery voor die Tshwane-distrikshospitaal uitgebreek het.

Geen lid van die publiek is in die voorval gewond nie.

Source
eNuus