Skrale vonnis vir jarelange molestering

Die lewe het ’n nagmerrie geword vir ‘n vrou van Lutzville nadat sy uitgevind het haar man molester haar dogter sedert vierjarige ouderdom.

KAAPSTAD - 'n Ma van Lutzville in die Wes-Kaap is geskok oor die ligte vonnis wat haar man ontvang het nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy hulle minderjarige dogter jarelank gemolesteer het.

Dít ondanks president Cyril Ramaphosa se belofte verlede maand dat mans wat hulle aan geweld teen vroue en kinders skuldig maak, swaarder vonnisse gaan kry.

Intussen is 'n man wat in Riviersonderend in dieselfde provinsie van die seksuele aanranding van twee meisies aangekla word, op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Source
eNuus