Skubbe beskerm hulle nie teen mense

‘n Wildshospitaal in Johannesburg behandel ietermagogs wat van smokkelaars gered is.

JOHANNESBURG – 'n Wildshospitaal in Johannesburg het in drie jaar sowat 60 ietermagogs behandel wat van smokkelaars gered is.

Die ietermagog is die mees gestroopte dier in die wêreld weens 'n aanvraag na sy skubbe vir tradisionele medisyne.

Volgens 'n internasionale bewaringsgroep is die diere op die rand van uitwissing en het hulle daarom die hoogste bewaringstatus.

eNuus het gaan kyk hoe een van die gelukkige diere wat gered is, behandel word.

Source
eNuus