Skuldig aan manslag, nie moord

Johan Kieser se enigste kind, Jeanne, is teleurgesteld en verward oor die hofuitspraak oor haar pa se dood.

KAAPSTAD - Uitspraak is Donderdag uiteindelik in die Kaapstad-streekhof gelewer oor die omstandighede waarin 'n afgetrede sakeman van Moorreesburg, Johan Kieser, meer as ses jaar gelede dood is.

Twee vroue wat by Kieser gekuier het, het hom destyds by sy huis bedwelm en beroof.

Die twee vriendinne, en 'n man wat intussen dood is, het die slagoffer daarna by 'n bergpas naby Ceres af gegooi.

Source
eNuus

Paid Content