Slagoffers van geslasgebaseerde geweld deel hulle stories

Die groepbevelvoerder van Delft en die omliggende gebied se polisiekantore sê hy is skaam oor wat hy oor sy beamptes se optrede gehoor het.

DELFT, KAAPSTAD - Delft in die Wes-Kaap is die brandpunt van geslagsgebaseerde geweld.

Die meeste verkragtings en aanrandings in Suid-Afrika is in 2019 in dié gebied op die Kaapse Vlakte aangemeld.

Die provinsiale polisiekommisaris het daarom die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders hier bekendgestel.

Lt.genl. Yolisa Matakata wou slagoffers se ervarings hoor en verskeie vroue het skokkende stories oor die polisie se optrede gedeel.

Source
eNuus

Paid Content