Slotbetoë in Tafelbergmoordsaak aangehoor

Al die aanvalle waarvan Blessing Bveni aangekla word, word deur gewelddadige wreedheid gekenmerk.

Kaapstad - Slotbetoë is Maandag in die hofsaak teen die vermeende Tafelbergmoordenaar gelewer.

Die Zimbabwiër Blessing Bveni word in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aangekla van die moorde op Ian McPherson en Doug Notten, en aanvalle op tien ander mense.

Hy word ook daarvan beskuldig dat hy onwettig in die land is en sy paspoort vervals het.

Source
eNuus