Smullekker veldtog ten bate van Kaapse luiperd

Die Kaapstadse Luiperdstigting en ‘n meesterbakker span kragte saam.

KAAPSTAD - Net sowat 1 000 Kaapse luiperds is in Suid-Afrika oor.

Daarom probeer die Kaapstadse Luiperdstigting seker maak dié diere verdwyn nie uit die Wes-Kaap nie -- soos gebeur het met olifante, renosters en leeus.

Die stigting het ‘n smullekker veldtog van stapel gestuur om sy 15de bestaansjaar te vier.

’n Meesterbakker van Wellington het drie weke lank koek gebak vir die feesviering.

Source
eNuus