Solidariteit: R10-miljoen wat Molefe skuld, sal verhaal word

Solidariteit het die balju op 13 Augustus opdrag gegee om voort te gaan met beslaglegging op Brian Molefe se bates.

CENTURION - Solidariteit sê hy gaan beslag lê op Brian Molefe se bates tensy dié voormalige uitvoerende hoof van Eskom opdok vir 'n onlangse hofsaak.

Die konstitusionele hof het op 7 Augustus beslis Molefe moet R10 000 000 terugbetaal aan die Eskom-pensioenfonds.

Dis die geld wat hy reeds ontvang het van 'n onregmatige toekenning van R30 000 000.

Die hof het ook beveel hy moet Solidariteit se regskoste betaal.

 

Source
eNuus