Span snuffelhonde help troeteldiere opspoor

Dié bobaas-spoorsnyers het die afgelope paar maande hard gewerk om troeteldiereienaars en hul vierpotige vriende te herenig.

JOHANNESBURG - 'n Soekspan wat met behulp van opgeleide snuffelhonde verlore troeteldiere opspoor, het veral nou ná die feestyd hul hande, en pote, vol.

Healthy Hound is verlede jaar in September gestig en het tot dusver 'n sukseskoers van 87%.
Woensdagoggend het hulle 'n kat opgespoor wat 12 dae lank vermis was.

Dis sover bekend die eerste diens van sy soort in Suid-Afrika.

Source
eNuus

Paid Content