Spesiale ventilators binnekort gereed

Nasionale Ventilator-projek se eerste ventilators dalk teen einde van die maand gereed
 

KAAPSTAD - Die Nasionale Ventilator-projek is vol vertroue dat die eerste klomp spesiale ventilators teen die einde van die maand gereed sal wees.

Die projek is gelas om genoeg eenvoudige, koste-effektiewe ventilators te vervaardig om aan Suid-Afrika se behoeftes te voldoen.

Die ventilators, ook bekend as CPAP-toestelle, sal gebruik word om Covid-19-pasiënte in die vroeë stadium van die siekte by te staan. 

Source
eNuus