Sportfasiliteit van R15-miljoen ontlok skerp kritiek

Swak vakmanskap het mense landwyd die harnas in gejaag toe hulle op sosiale media dié foto’s gesien het van die projek wat R15-miljoen gekos het.

LESSEYTON, OOS-KAAP - Kontrakteurs in die Oos-Kaap krap kop oor hoekom 'n substandaard sportfasiliteit in dié provinsie R15-miljoen gekos het om te voltooi.

Die onthulling van die Lesseyton-sportveld in Komani het hierdie week 'n opskudding veroorsaak.

Maar die Enoch Mgijima-munisipaliteit, wat deur die ANC bestuur word, verdedig die omstrede projek.

Source
eNuus

Paid Content