Staat vra vir 29 jaar-vonnis vir Andrea Venter se moordenaar

Die verdediging het aangevoer dat Gerhard Jansen van Vuuren in 'n oomblik van waansin opgetree het toe hy Andrea Venter vermoor het en dat die vonnis onregverdig sal wees.

JOHANNESBURG, GAUTENG - Die veroordeelde moordenaar Gerhard Jansen van Vuuren word binnekort in die Hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.

Jansen van Vuuren het sy voormalige vriendin, Andrea Venter, in 2011 by haar woonkompleks in Johannesburg vermoor.

Hy het ook 'n veiligheidswag by die kompleks aangerand.

Die hof het reeds slotbetoë in die vonnisverrigtinge aangehoor.

Source
eNuus

Paid Content