Staat wil hê saak moet presedent skep

Die staat daag nou Landdros Vanessa Miki se bevel uit, dat die klagstaat ’n tydlyn moet bevat met presiese datums en tye van die beweerde voorvalle.

KAAPSTAD - Daar lê 'n lang regstryd voor vir Lisa van der Merwe en Claudine Shiels.

In 'n baanbrekersaak kla dié twee susters familielede aan van seksuele mishandeling wat na bewering in die 1970’s plaasgevind het.

Die saak was Maandag weer voor die Wynberg-landdroshof.

Source
eNuus