Stad Kaapstad wil troeteldiersterilisasie verpligtend maak

Die Animal Welfare Society en die DBV steun die Stad Kaapstad se plan om die sterilisasie van troeteldiere verpligtend te maak.

KAAPSTAD - Die Stad Kaapstad sal na verwagting binnekort nuwe munisipale regulasies oor die aanhou van diere implementeer.

Volgens die konsepregulasies sal die sterilisasie van honde en katte ouer as ses maande verpligtend word.

Troeteldiereienaars sal hiervoor aanspreeklik gehou word en kan moontlik selfs tronkstraf opgelê word as hulle versuim om dit te doen.

Source
eNuus

Paid Content