Stadsamptenaar in hof oor beweerde verkragting

Die stadsamptenaar wat van die verkragting van ‘n 13-jarige meisie aangekla word, se borgtogaansoek is tot 30 Julie uitgestel.

KAAPSTAD - ’n Senior amptenaar van die Stad Kaapstad het Maandag weer in die landdroshof in Mitchells Plain verskyn in verband met die beweerde verkragting van 'n 13-jarige meisie.

Die 53-jarige man, 'n familievriend, het haar glo verskeie keer oor die afgelope drie jaar verkrag.

Hy was onder meer betrokke by voedingskemas in die gemeenskap.

Source
eNuus