Statistieke oor moord op vroue skokkend

‘n Vrou word gemiddeld elke drie uur in die land vermoor , en elke agt uur deur ‘n intieme maat.

PRETORIA - Die afgelope week is gekenmerk deur luide landwye protes teen die onaanvaarbaar hoë voorkoms van geweld teen vroue.

Volgens onlangse statistieke word 'n vrou gemiddeld elke drie uur in die land vermoor - en elke agt uur deur 'n intieme maat.

Dit maak Suid-Afrika die land met die vierde meeste vrouemoorde ter wêreld.

eNuus het met die familie van 'n Pretoriase vrou gepraat wat op Vrouedag deur haar man doodgeskiet is.

Source
eNuus