Storm dreig oor lyfstraf by Gautengse skool

Die provinsiale onderwysdepartement sê hy sal teen die onderwyser optree as dit nodig is.

REIGER PARK, GAUTENG - Die Gautengse onderwysdepartement ondersoek bewerings van lyfstraf by die Reiger Park Secondary School.

Dit nadat aantygings aan die lig gekom het dat 'n onderwyser graad 12-leerlinge straf deur hulle met 'n sambok te slaan of te dwing om op die vloer te sit.

Lyfstraf is sedert die laat 1990's onwettig in Suid-Afrikaanse skole.

Source
eNuus

Paid Content