Stryd vir die Bo-Kaap

Bouwerk langs die St. Monica's-ouetehuis in die Bo-Kaap laat die stryd tussen private ontwikkelaars en inwoners van die Bo-Kaap opnuut opvlam.

BO-KAAP - Die stryd tussen private ontwikkelaars en inwoners van die Bo-Kaap het opnuut opgevlam.

Inwoners is kwaad omdat die perseel van 'n ouetehuis verkoop is vir luukse behuising.

Volgens hulle moes dit aan die stad oorgedra gewees het vir die ontwikkeling van bekostigbare behuising.

Dié gesogte eiendom word nou op ’n veiling verkoop.

Source
eNuus